Editing Pages [af]

Afrikaans

Indien jy toegelaat is om bladsye op hierdie webwerf te wysig, kliek slegs op die Redigeer-knoppie aan die onderkant van die bladsy. Dit sal die redigeer-program (editor), in a raam aan die onderkant van die bladsy oopmaak, sodat jy kan redigeer, korrigeer en aanvullings tot die bladsy kan maak.

Jy kan ten enige tyd kyk na die VOORSKOU van hoe die teks sal lyk, voordat jy dit stoor/berg, indien jy kliek op die Voorskou-knoppie onderaan die redigeer-raam.
Sluit asb. ook 'n kort beskrywing in van wat jy verander of bygevoeg het, sodat ander persone vinniger kan sien wie wat gedoen het slegs om die register na te gaan, voor jy die finale uitgawe stoor.

Wees asb. nie bang om insette te lewer nie.
Elke redigeerfenster het 3 rye van funksies wat jou werk makliker kan maak met die formatteer van jou teks en om die sintaks (kommandos of kodes) reg te kry. Soos jy aangaan sal jy dit outomaties leer, soos jy meer en meer funksies gaan of wil gebruik. Later sal jy dalk nie eers meer gaan kyk na hierdie knoppies nie.

Basiese Teks Formattering:

Sintaks:

**VET** Teks
//KURSIEF// Teks
__ONDERSTREEPTE__ Teks

**//VET & KURSIEF//** Teks
**__VET & ONDERSTREEPTE__** Teks

**//__VET, KURSIEF & ONDERSTREEPTE__//** Teks

Resultaat:

VET Teks
KURSIEF Teks
ONDERSTREEPTE Teks

VET & KURSIEF Teks
VET & ONDERSTREEPTE Teks

VET, KURSIEF & ONDERSTREEPTE Teks

Om 'n nuwe SKAKEL (link) te genereer (vir 'n nuwe bladsy), gebruik asb. die volgende sintaks:

Skep SKAKELS "LINKS" (Sintaks):

[[[naam van nuwe bladsy]]] of [[[naam van nuwe bladsy | Teks wat moet aangedui word]]].
[[[http://webwerf.co.za]]] of [[[http://webwerf.co.za | Teks wat moet aangedui word]]].
[[[*http://webwerf.co.za | Teks wat moet aangedui word]]] — maak in 'n NUWE fenster oop !!

Resultaat:

naam van nuwe bladsy of Teks wat moet aangedui word.
http://webwerf.co.za of Teks wat moet aangedui word.
Teks wat moet aangedui word — maak in 'n NUWE fenster oop !!

Nadat jy die bladsy gestoor het, jy kan die nuwe skakel (link) onmidellik gebruik om die nuwe bladsy te kan genereer en korrigeer.
- Sluit asb. ook 'n kort beskrywing in van wat jy verander of bygevoeg het, sodat ander persone vinniger kan sien wie wat gedoen het, voor jy die finale uitgawe stoor.

Om bladsys te redigeer, is maklik en daar is baie opsies beskikbaar, om uitdrukking the gee aan die bladsy.

Sien asb. ook die volgende bladsye vir meer inligting:

Waarskuwing:
Om met Wikis te werk kan redelik verslawing tot gevolg hê, meer nog, indien jy al verskeie "triks" geleer het en sien hoe jou insette vorm gaan aanneem !! ;-)
Jou fantasie en kreatiwiteit is nie beperk in enige manier nie.

Indien jy die ingeboude kommando-taal van die WIKI 'n beperking vind, kan jy altyd gebruik maak van die "inline"-funksie om HTML-kodes of selfs Java kode in te sluit, of jy kan ander gebruikers/lede van die groep of ontwikkelaars van die Wikidot.com stelsel vra.

Tags:(toggle) +!done +!need_help +!dev +!dev-idea +!testing +!hidden +_open +_closed
Talk
Unless otherwise stated, the content of this page is licensed under Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 License